Hoërskool Eldoraigne se skaak wonderkind

Tinus Prinsloo

Skaak het die lewe ’n jong meester van Centurion min of meer oorgeneem die afgelope twee maande.

Tinus Prinsloo van Hoërskool Eldoraigne kon skaars asem skep te midde van sy bedrywige program.

In November het hy deur bemiddeling van Tshwane Chess die arbiters-eksamen van die Chess SA Arbiters & Organisers Commission, suksesvol afgelê.

Hy het die eerste arbiterkwalifikasie behaal: School Supervisor.

Skeidsregters in skaak word arbiters genoem.

Hiermee saam kom die titel “SS” voor sy naam.

Op 3 Desember 2016, het Tinus Tshwane Chess verteenwoordig in die o.18-span tydens ’n interstreektoernooi tussen Tshwane Chess, Ekurhuleni Chess en Bojanala Chess en volpunte behaal deur al vyf wedstryde te wen.

Die formaat van hierdie toernooi was sodanig dat elke span teen slegs een opposisie-span speel.

Ook kom maar elke spanlid teen ’n speler van die opposisie-span te staan.

Van 16 tot 19 Desember 2016, het Tinus Tshwane Chess verteenwoordig tydens die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskappe 2016.

Hy het Bord vyf uit 10 (“Speler vyf van 10”) vir die Tshwane Chess o.18A-span behartig.

Tinus het in sewe rondes vyf keer gewen en eenkeer gelykop gespeel – ’n suksessyfer van 78.57 persent – en net een wedstryd verloor.

Sy span het tweede geëindig na Westelike Provinsie en so die silwertrofee verower.

Hulle spog ook met die SAJSK-trofee as die streek met die beste oorhoofse prestasies.

Van 20 tot 23 Desember 2016, het die Chess SA Inter Region plaasgevind.

Bo-en-behalwe Tshwane Chess se volwasse A-span is geselekteerde junior spelers gevra om ter wille van ontwikkeling ook deel te neem en Tinus was een van hulle.

Hy het vir die Tshwane Chess- ontwikkelingspan “Beliebers” op Bord twee van vier gespeel.

Deelname het in een afdeling volgens die Swiss-formaat oor sewe rondtes oftewel wedstryde plaasgevind.

Dit beteken hulle het teen volwasse en selfs senior spelers van regoor die land meegeding tydens die toernooi.

In Januarie het Tinus ’n uitnodiging van Tshwane Chess ontvang waarin aangedui word dat hy gekies is vir die Tshwane Chess “High Performance” program (HPC).

Hy is een van 40 spelers wat gekies is uit die junior ouderdomsgroepe vir seuns en dogters.

Minder as drie spelers word per groep gekies.

Tinus het ook verlede jaar gekwalifiseer vir die top juniortoernooi Suid-Afrikaanse Junior Geslote Skaakkampioenskappe 2017.

Slegs kwalifiserende spelers word individueel deur Chess SA uitgenooi.

Kwalifiserende spelers moes aan die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskap 2016 deelneem om die laaste vereiste na te kom.

Die kampioenskappe sal in die April skoolvakansie plaasvind.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

pta_moot ptaeast ptanorthgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Hoërskool Centurion is B-Bond wenners