Hoërskool Centurion verower provinsiale T20-titel

Hoërskool Centurion se eerste krieketspan.

Hoërskool Centurion se eerste krieketspan is onlangs as die beste T20-span in die provinsie gekroon, nadat hulle Waterkloof in die finaal met 30 lopies verslaan het.

Centurion, wat die loot verloor het en versoek is om eerste te kolf op ’n groenerige kolfblad, het ’n stewige fondasie aan die begin gelê deur 20 lopies van die eerste twee boulbeurte af aan te teken.

Dit het die kolfmomentum in die Woeries se guns geswaai.

Alhoewel die top-orde te veel paaltjies vroeg verloor het, het ’n vennootskap van 61 lopies (49 balle) tussen Francois van Heerden en Kevin Osborne (wat sy 18e verjaarsdag met sy 100e verskyning vir die span gevier het), grootliks bygedra tot die feit dat die spogspan ’n verdedigbare 164/7 as teiken kon stel.

Van Heerden is met sy telling op 68 (56) uit, maar Osborne het sy 50-tal van net 32 balle aangeteken en het sy paaltjie vir die span opgeoffer deur in die laaste beurt vir 51 uitgehardloop te word.

Centurion se boulers het van die begin af druk toegepas en veral Juandre du Preez (2/14 in 3 beurte) het skitterende lyne en lengtes gehandhaaf en ontslae geraak van twee van Waterkloof se top-orde kolwers in sy drie beurte aan die begin van die kolfbeurt.

Hy is veral ondersteun deur LJ Trichardt (3/22 in sy 4 beurte), waarna Reinardt Brenner die rug aan die einde met 2/16 in 2.4 beurte gebreek het.

Van Heerden, wat die span vir die tweede agtereenvolgende jaar aanvoer, was uitstekend as strateeg en het gewys waarom hy ook op dié dag sy 150e verskyning vir die span gemaak het.

Centurion, as die noordelikes se wenspan, moet in ’n uitspeelwedstryd teen die Limpopo-wenner speel, alvorens daardie wenspan in die Titans-finaal teen Nelspruit te staan sal kom.

Nelspruit, wenner van Mpumalanga, het reeds in hul uitspeelwedstryd met CBC Boksburg (wenner van Easterns) afgereken.

Die Titans-wenner sal later in Maart die bedryf by die nasionale kompetisie in Stellenbosch verteenwoordig.

Die Woeries het in die kwarteindstryd eers met Pretoria Boys High afgereken, waarna ’n skitterende oorwinning teen AHS in die semi-finaal behaal is.

Terselfdertyd het Centurion ook bo-aan die punteleer in die Finsbury Superliga se A-afdeling geëindig en speel gasheer vir die wedstryd teen die einste Waterkloof, tydens die finaal.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

pta_moot ptaeast ptanorthgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Hoërskool Centurion atlete maak punte bymekaar