Ernstige knelpunt het Centurion-inwoners raadop

In die onlangse Rekord is daar melding gemaak van die agteruitgang van munisipale dienste in Eldoraigne.

Daar is egter nog ’n ernstige knelpunt in Saxbylaan, wes van Ruimteweg, wat ek onder u aandag wil bring. Die DA-raadslid is bewus daarvan, maar o wee… Geen reaksie.

Eerstens is daar toestemming verleen aan ’n ambulans- en noodvoertuigmaatskappy om in Saxby/Cradocklaan te vestig.

Die reeds oorvol Saxbylaanverkeer moet soggens net koets vir noodvoertuie met loeiende sirenes wat doodsveragtend in die middel van die pad tussen die motors heen vleg.

Dit gebeur minstens drie keer vanaf 05:30 tot 08:30, die besigste tyd van die dag.

Tweedens is daar reeds versoek om spoedwalle/eilande aan te bring, maar die verskoning van die raad is dat dit nie aangebring kan word nie, omdat Saxbylaan ’n deurpad is.

Wat van Willem Bothalaan? Muldersmile? Enige inwoner van Saxbylaan sal kan bevestig dat die straat misbruik word deur jaagduiwels wat vanaf Wierdaweg kan jaag tot by die robot – ongehinderd.

Dit word graag gedoen in die vroegoggend tussen 01:00-04:00.

Derdens is die straatligte wes van die robot tot by die besigheidsentrum buite werking.

Dit is vir enige voetganger uiters gevaarlik… Saxbylaan is deesdae ’n ramp wat wag om te gebeur.

Is dit nodig dat daar eers ’n noodlottige ongeluk moet gebeur voordat ons dierbare amptenare optree?

Inwoner van Saxbylaan

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

pta_moot ptaeast ptanorthgetit Autodealer.co.za
Top
Recommended Story x
Hunt on for three Centurion Lodge burglars

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other