PUK Prestige sportreeks 2017

Mnr. Fielies Coetzee, Hoërskool Zwartkop se sporthoof, het met trots die trofee ontvang.

Hierdie sportreeks bestaan uit 16 skole van verskillende provinsies wat teen mekaar deelneem in agt sporte.

Vier skole per poel kompeteer teen mekaar in poelwedstryde en daarna word daar oorkruis kragte gemeet in ’n kwart- en semifinaal, wat dan die wedstryde vir die finaal bepaal.

Wedstryde van die finaal, waar daar om medaljes meegeding word, het by die Noordwes-Universiteit te Potchefstroom plaasgevind.

Geen van die 16 skole in die reeks kon onderskat word nie, daarom het vanjaar se uitspeelwedstryde weereens vir heelwat opwinding en spanning besorg.

Hoërskool Zwartkop slaag vanjaar daarin om vir die vyfde opeenvolgende jaar die trofee vir die Kleinsporte in te palm.

Hierdie Kleinsport-wenners word bepaal deur die somtotaal van die uitslag van die volgende sporte: Skaak, Tennis, Landloop, Seunshokkie en Gholf.

Elke Zwarrie het baie hard gewerk om met hierdie gesogte trofee te kan spog.

Die Rugby-, Netbal- en Hokkie uitslae word bygereken by die Kleinsporte om die algehele wenner van die PUK Prestige Sportreeks te bepaal.

Die 16 skole word in ’n ranglys volgens die finale uitslae van 1-16 geplaas.

Hoërskool Zwartkop eindig in 2017 algeheel in die tweede plek.

Hierdie prestasie is die beloning vir baie harde werk, deursettingsvermoë en groot Genade.

Mnr. Fielies Coetzee, Sporthoof by Hoërskool Zwartkop, het met trots die trofee in ontvangs geneem.

  AUTHOR
Rekord Newspaper

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Oos tuiste vir gidshonde

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other