update


OPVOLG: Gay egpare reageer na kontroversiële Gretha Wiid-stellings

Getroude gay paartjies het die afgelope week teruggekap na die bom gebars het oor Gretha Wiid se kontroversiële stellings oor homoseksualiteit.

In ’n adviesboek vir jongmense het Wiid onder meer die stelling gemaak dat homoseksualtiteit ’n ontwikkelingsafwyking is.

Sy word daarvan beskuldig dat sy ook ondermeer beweer dat ouers se verkeerde optrede teenoor hul kinders tot gevolg het dat die kinders gay word.

Wiid is intussen by die Menseregtekomissie (MRK) verkla en haar stellings het ‘n hewige debat op sosiale media ontlont.

Hoewel daar sterk teenkanting was teen Wiid se uitlatings was daar ook haatspraak op verskeie platforms.

Ook op Rekord se Facebook-blad was daar ‘n hewige debat.

LEES OOK: Gretha Wiid praat oor kontroversiële stelling in boek

“Dit maak seer dat daar soveel mense is wat hierdie een opinie lees en dan besluit om dit te glo en mense te verwyt vir hul seksuele orienteering. Soveel kinders word afgekraak en gebreek omdat hulle anders is,” het ’n anonieme leser aan Rekord gesê.

Verskeie sosiale media gebruikers het ook hul boodskappe op Wiid se Facebook-blad gedeel.

Sien inskrywings:


’n Getroude paartjie van Pretoria het ook hulle verhaal met Rekord gedeel.

Stephan Hugo (34) en Pierre Botha (33), trotse pa’s van tweeling baba dogtertjies, stap al vir agt jaar saam.

“Ons is verlede jaar in Maart getroud,” vertel Pierre. “Beide van ons is in ’n NG kerk gedoop en nou ook ons dogtertjies.”

Pierre sê hulle gesin is geensins anders as enige ander nie.

“Ons is ’n normale familie. Ons kinders is ons vreugde en ons staan mekaar by in goeie en slegte tye.”

Pierre het vroeër ’n ope brief aan Wiid op sy persoonlike Facebook-blad gepubliseer wat lees:

Liewe Gretha, jy moes nie maar jy het! Jou stuk oor gay wees laat duidelik ‘n bitter smaak in talle gay en straight mense se monde.
Dit is egter duidelik dat jy nie ‘n idee het waarvan jy praat nie, besef ek met ‘n skok. En dit nogals van iemand met jou “kennis” en ervaring?!

Kyk, ek is allermins ‘n gay-activist, soos wat mens dit in Engels roep en een ding is seker ek het nie 125+ duisend fans op my Facebook blad nie, maar ek het een stem (wat gehoor kan word), een brein (wat kan dink), een hart (wat warm vir myself en my medemens klop), een God (waarin ek glo).

Oor getalle kan ons seker vir ure praat, maar dit is irrelevant. Jou “stellings” kan heel moontlik keer op keer uit verband geruk word, elke persoon is sekerlik geregtig op hulle eie opinie.

Maar tog kan ek nie anders as om jou, vir ‘n verandering, reg te help nie, soos wat jy, jou getroue ondersteuners probeer reg help.

Hieruit gaan ek verseker nie geld maak, ek is maar middelklas (jy was ook al daar). Maar weereens is geld hieruit vir my irrelevant.

As ‘n gay man is ek gelukkig getroud met ‘n man wat op die slegste dag baie meer vir my beteken as wat jy jouself kan indink, nee dit is nie omdat ek “ge-boelie” was dat ek vir hom lief geraak het nie, ek het net!

Saam met die wonderlike man, maak ons twee pragtige kinders groot, ek verseker jou dit is nie agv “skaak” of dies meer nie… net ter verwysing, ons is nie ‘n “modern family” nie, ons is bloot net ‘n familie.

Soos enige ander, met ups and downs, loop ons harte oor van liefde, vreugde, trots en ondersteuning, laasgenoemde soms vanuit oorde wat ons nie eers ken nie. Na die hele relaas wil ek egter by die eintlike punt uitkom. Greta, jy moet nie kom snert praat oor “seuns en hulle pa’s” nie, jy lees reg – snert, sou jy ooit die voorreg hê om dié te lees, jy lees reg – SNERT!

Ek het een wonderlike pa, eintlik twee, een met ‘n hoofletter en een met ‘n kleinletter – ek is seker jy sal die onderskeid kan tref? My pa, is ‘n wonderlike pa, man, vriend en die lys gaan aan! Jy sal hom egter nooit ontmoet nie. Jy is enige tyd welkom om my aan te vat, aan te spreek en reg te help, maar Greta, jy maak uitlatings en maak stellings oor ouerskap wat geensins water dra nie.

Om ouers nou te laat blameer oor hulle kinders se gay wees – ek is stomgeslaan! Is jy nie self ‘n ouer nie? Dit laat ‘n bitter smaak in my mond dat jy jong tieners laat glo dat gay wees ‘n resultaat van ‘n “liefdelose” verhouding met ‘n ouer is nie… mag jou kleinkinders nooit gay wees nie (jou broer is nou wel), want ek wil sien hoe jy jou eie kinders daaroor gaan blameer – op sosiale media nogal…

Gretha, as jy hieroor wil praat, kom ons gaan drink ‘n koffie, jy kan my vertel van die motor se lekker warm bonnet waarna ek jou kan reghelp oor jou belaglike uitlatings. Jy maak skade (in jong mense en families se harte) met jou uitlatings, dog bemark jy jouself as iemand wat herstel bring?

Sterkte met jou Moerdersdag seminare (ek hoop dit het goed gegaan), mag daar nie ‘n ma van ‘n gay vrou wees nie – wat jy laat skuldig voel oor niks nie! My Pa en pa is awesome! Na aanleiding van talle platforms se terugvoer waarvan my een deel is (of jy dit nou gesien het al dan nie), het jy ‘n video op Facebook gaan plaas. In bietjie meer 12 minute lank later verneem ons ‘n paar dinge van jou kant af, soos aan die begin van my brief aan jou, elkeen geregtig op hulle eie opinie.

Dankie vir die konteks waarin jy dit probeer staaf, ek dink nie kinders tussen 10-13 lees as geheel in konteks nie. Feit is, en dit is jammer dat jy al in 2009 die boek uit gebring het, 8 jaar later ontplof die bom omtrent. Ek is deel van daai bom en uit my hart uit gaan dit nie vir my oor die hele gay debakel nie (Al dink jy mens word nie so gebore ens nie.), ek glo eerder dit gaan oor die manier waarop jy stellings maak en kommunikeer wat feitelik vals is.

Vir my as gay man gaan dit geensins oor jou of ander se aanvaarding nie, party gaan my (en ander), oordeel en party gaan juis nie… die kern van die probleem en stellings is die feit dat soos meeste ouers vir hulle gay kinders in die bres tree, ons as gays (veral ek) ook vir ons ouers in die bres sal tree (Jy het nie die reg om ouers sleg te laat voel oor hulle gay kinders nie).

Skaak en tennis ens eenkant toe geskuif… het jy elke gay mens in Suid-Afrika beraad? Kan jy objektief jou stellings oor liefdelose ouerskap en gay wees staaf? Jy het nie almal se skoene gestap nie en des de meer was jy nie deel van ons journey nie. Lang storie kort, sou jy wou baklei met die “mof-fie-s” en “les-bië-rs” – baklei met hulle! Los tog die ouers daaruit, oja sommer die jonge jeug ook uit, deur snert aan hulle te verkondig.

Sterkte vir jou en jou doel, ek gun jou niks sleg en bitter nie, maar volgende keer as jy ‘n boek skryf of op daai verhoog klim, wees paraat om nie weer die teenoorgestelde van waarvoor jy “bekend” staan te wees of word nie. Gay of straight – jy (eintlik ons almal) is maar net die same kind of different.

LEES OOK: Bekende se stelling oor homoseksualiteit het mense aan die gons

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

pta_moot ptaeast ptanorthgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
OPVOLG: Gretha Wiid praat oor kontroversiële stelling in boek

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other