Bulls lyk reg om voort te veg

Die beleërde jong SupeRugby span van die Bulls se vertoning teen die Highlanders Saterdag op Loftus Versfeld het waarskynlik baie oor die toekoms van dié span verklap.

Hoewel die Highlanders effens teen die verloop van die wedstryd met 17-10 gewen het, kan hierdie wedstryd dalk in die toekoms onthou word as die dag waarop die opwaartse kurwe van die nuwe geslag van Loftus Versfeld werklik begin het.

Soos in baie ander sfere van die lewe moet ’n rugbyspan soms ook eers moeilike fases deurmaak en selfs klippe kou voor hul ware karakter na vore kom. Swaarkry help ook met die bou van karakter, terwyl dit terselfdertyd ’n natuurlike smeltkroes-proses is waardeur bepaal word watter manne die pad vorentoe saam gaan stap en watter manne eerder moet aanbeweeg na ’n ander uitdaging in hul rugbyloopbane.

Ja, die Bulls het steeds soms erg drooggemaak in die eerste helfte en verskeie geleenthede geskep wat weer nie afgerond kon word nie.  Hierdie keer het hulle egter teruggeveg en in die tweede helfte puik rugby gespeel teen ’n span wat krioel van All Blacks en wat twee jaar gelede die SupeRugby kampioen was, terwyl hulle verlede jaar eers in die halfeindrondte uitgeskakel is. Tot dusver vanjaar is hulle die derde beste span en hul oorwinning Saterdag was hul sewende agtereenvolgens. Dis ’n span wat verlede week hul kampioen-mentaliteit bewys het deur drie drieë in vyf minute teen die Cheetahs te druk, wat drie weke gelede nege drieë teen die Stormers gedruk het en wat vroeër vanjaar met slegs drie punte teen die Crusaders verloor het.

Saterdag se wedstryd het baie antwoorde gegee oor die toekoms van Bulls rugby. Behalwe vir die vaste fasette (waar die Crusaders in elk geval al die ander spanne ook tot dusver verniel het) is die grootste verskil vir die Bulls gemaak deur hul nuwe lostrio, terwyl Jaco Visagie op haker ook waarskynlik gekom het om te bly. Ruan Steenkamp se vertoning as baljagter flank en die skitterende kombinasie wat hy met Jannes Kirsten en Hanro Liebenberg gevorm het, was ’n openbaring.

Nog ’n speler wat homself aangekondig het op die groter verhoog is die 21-jarige Coenraad van Vuuren. As dié jong vaskopstut op sy vertoning kan voortbou, kan hy saam met nog ’n toekomstige vaskop-ster, die beseerde 26-jarige Jon Roy Jenkinson, die herrysing van ware Bloubul rugby tot gevolg hê. Dit sal die afrigters hopelik ook laat afsien van die lawwe idee om met Trevor Nyakane se toekoms te dobbel deur hom as vaskopstut te probeer versool.

As beserings nie weer ingryp nie, as die jong losskakel, Tinus de Beer, nóú nader getrek word en ten minste in die 23-tal ingesluit word en daar kan ook vir Shaun Adendorff plek gemaak word in die 23-tal, kan die Bulls hul seisoen nog sterk eindig met goeie oorwinnings. Hulle moet net genoeg selfvertroue saamneem uit die afgelope naweek se vertoning.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

  AUTHOR
Koos Venter
sport journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

pta_moot ptaeast ptanorthgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Bulls klop Sunwolves, maar oortuig nie

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other