Plaaslike stoeiers presteer by Junior Afrika kampioenskap

Plaaslike stoeiers was onder die uitblinkers in die Suid-Afrikaanse span wat onlangs met 18 medaljes van die Junior Afrika stoeikampioenskap in Marokko teruggekeer het.

Die Suid-Afrikaanse span het uiteindelik die vierde plek ingeneem by dié kampioenskap en onder die plaaslike deelnemers was dit veral die stoeiers van TuksStoei wat hul staal gewys het. Die 18 medaljes het vyf goud, nege silwer en vier bronsmedaljes ingesluit.

Edrich Nortjé van TuksStoei was een van die sterre. In die afdeling vir kadette onder 58kg het hy al sy gevegte gewen sonder om ’n enkele punt af te staan. Hy het boonop al sy opponente met valle geklop. Nortjé is na die toernooi deur die Verenigde Stoeifederasie van die Wêreld (UWW) uitgenooi om hul sogenaamde “Meer as Medaljes” oefenkamp by te woon. Dié kamp sal ook in Marokko aangebied word.

Nóg ’n Tuks stoeier, Ruan Botha, het ook goud verower in die vrystyl afdeling vir kadette o.85kg. Botha se oorwinning was soveel soeter, nadat hy verlede jaar nie aan hierdie byeenkoms kon deelneem nie, aangesien hy weens ’n besering moes onttrek. Botha het ook die eindrondte met ’n puik val beklink.

’n Ander Tuks stoeier met ’n merkwaardige verhaal om te vertel is Brandon Kidson. Nadat hy twee jaar gelede ophou stoei het, het hy verlede jaar met nuwe entoesiasme teruggekeer en sy harde werk is in Marokko beloon met die silwer medalje in die junior onder 58kg kategoerie in die afdeling vir Grieks-Romeinse styl. Hy het valle behaal in al sy gevegte tot by die eindtryd, waar hy net-net met ’n puntebeslissing verloor het.

Jaco le Roux van TuksStoei het ook as kadet gestoei en hy kon huistoe kom met die silwer medalje in die vrystyl afdeling (onder 100kg) om sy nek.

Suid-Afrika se beste junior stoeier van 2016, Dylan Marais, het self TuksStoei se naam hoog gehou. Dié belowende jong stoeier, wat verlede jaar onder die top 10 in sy afdeling by die Junior Wêreldkampioenskap geëindig het, het met die silwer medalje vir vrystyl in die kategorie vir onder 86kg weggestap.

In die kategorie vir junior onder 97kg stoeiers het Judah de Beer ook silwer gewen, nadat hy teen die verdedigende Afrika kampioen verloor het in die eindstryd. Kenners was beïndruk met De Beer se spoed en krag op die mat. De Beer het ’n paar jaar gelede reeds uitgetree as stoeier en het eers aan die begin van 2017 teruggekeer en weer begin oefen, wat sy prestasie in perspektief stel.

Leanco Stans was TuksStoei se enigste vroulike verteenwoordiger in die Suid-Afrikaanse span. Sy het ’n bronsmedalje verower in vrystyl in die kategorie vir onder 66kg. Daarmee het sy verbeter op haar vierde plek verlede jaar. Dié merkwaardige jong dame het haar vyfde Afrika kampioenskap bygewoon.

Stans het ook ’n beurs ontvang van die Verenigde Stoeifederasie van die Wêreld (UWW) om na Finland te reis, waar sy saam met sommige van Europa se beste vroulike stoeiers sal oefen ter voorbereiding vir die Olimpiese Spele van 2020. Stoeiers sal in Japan weer hul plek inneem, nadat dié sport afwesig was in Rio verlede jaar. Sy is die eerste vroulike stoeier van Afrika wat hierdie eer te beurt val.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

  AUTHOR
Koos Venter
sport journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

pta_moot ptaeast ptanorthgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Another domestic double for the Titans

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other