Wen kaartjies na ‘Classics is Groot’

Tydens Afrikaans is Groot 2016 kon gehore in ‘n neutedop ‘n idee kry hoe die nuutgevonde produksie Classics is Groot daarna uitsien en die reaksie was oorweldigend op veral die Nederlandse kinderster Amira wat harte laat smelt het.

Jannie Moolman se uitvoering van Kalinka, en natuurlik Touch of Class se weergawe van Sound of Silence wat gehore staande gehad het met Ruhan se uitmuntende vertolking van hierdie klassieke pop-treffer.

Die goeie nuus is dat Classics is Groot terug is in Pretoria op 23 en 24 Junie 2017 met musiekoomblikke en items wat jou na jou asem gaan laat snak. ‘n Uitreksel uit The Phantom of the Opera, Elvis Presley se klassieke American Trilogy, Pie Jesu en Queen se klassieke The show must go on is maar net van die betowerende oomblikke wat vir jou wag.

Dis ‘n kleurvolle viering van musiek – van ikoniese pop-treffers tot legendariese klassieke werke.

Die beter nuus is dat die geliefde engelkind Amira en die fantastiese Touch of Class weereens die verhoog sal deel met ons geliefde en uiters talentvolle Corlea Botha en Jannie Moolman vir vele hoendervleis-oomblikke wat laat glimlag, die trane laat loop en harte warm maak.

Ook op die verhoog is die Amerikaanse sanger Joseph Clark, bekend vir sy uitmuntende vertolkings van Freddie Mercury (Queen at the Opera), die gewilde Tarryn Lamb (van die sanggroep Blackbyrd) en vir die eerste keer in baie jare sal die superduo COLESKE wat in die 90’s bekend was vir wêreldtreffers soos ‘My Only’ en ‘Take me where the sun is shining’ weer lewendig gesien word met hul ongelooflike harmonieë.

‘n Hoogtepunt wat ‘n eerste vir Pretoria-gehore sal wees, is die feit dat die wêreldberoemde Joburg Ballet Company ook te siene sal wees in ‘n item, so reg in die kraal van die fynproewer.

Moet dus nie laat hierdie asemrowende geleentheid jou verby gaan nie. Met vele groot treffers uit die verlede, ‘n wêreldklas simfonie-orkes en met van die beste plaaslike en internasionale stemme, beloof Classics is Groot om jou op die voorpunt van jou stoel te hou.

Wanneer: 23 & 24 Junie 2017

Waar: Moreleta Park Ouditorium

Kaartjies: Vanaf R350 tot R625

www.ticketpro.co.za

KOMPETISIE:

Staan ‘n kans om een van 5 CDs van 2015 se konsert te wen asook 2 dubbelkaartjies na die konsert op 23 Junie. Om in te skryf vir die kompetsie, vul die onderstaande inskrywingsvorm in en gebruik die woord ‘CLASSICS’ in die sleutelwoord blokkie.

Kompetisie sluit 16 Junie 2017.

Competition form

  AUTHOR
Rekord Newspaper

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
COMPETITION: Win tickets to the Sun Arena concert opening