Wen ‘n Klikkerland DVD

Die lawwe Ghoema benoemde Klikkerlanders kom kuier by Centurion Teater (123 Amkor weg) met hul uitstekende teater vertoning, poetse, planne en pret! Die vertoning sal wees Saterdagoggend, 24 Junie om 10:00.

Pryse:

  1. Kinders tussen die ouderdom van 1-12jaar: R50pp
  2. Volwassenes (of kinders ouer as 12jaar): R70pp
  3. Babas onder 12maande: Gratis

In hierdie maltrap avontuur ontsnap’n paar veldmuise in die Klikkerhuis en maak groot amok! Een van die Klikkerlanders leer dat die ou gesegde dat “Slim soms sy baas vang” baie waar is en verskeie poetse en misverstande veroorsaak groot konsternasie! Die Klikkerlanders benodig ook die hulp van maats in die gehoor om ‘n raaisel op te los! ‘n Avontuurlustige Klikkerlander is seker hy is gereed om te vlieg in sy “vlieg stoel” en een van die Klikkerland vriende, Meneer Volstruis kom kuier ook saam.

Die gehoor voel deel van die aksie en sal die vertoning verlaat met ‘n ligter hart. Die Klikkerland teater vertoning is reeds met groot sukses ontvang by US Woordfees 2017 in Stellenbosch en die KKNK 2017 in Oudshoorn.

Klikkerlanders is ook te sien op kykNET en hul DVD reeks is beskikbaar in alle goeie musiekwinkels. Klikkerland Vol 3 is ook in 2017 benoem vir ‘n Ghoema vir Beste Kinderalbum of DVD.

Bietjie meer oor die Klikkerlanders

Klikkerland is ‘n nuwe Afrikaanse vermaaklikheidsgroep wat reeds diep in kinderharte gekruip het! Die Klikkerland vertonings is baie energiek, vol musiek en danse. ‘n Prettige storielyn, opgewekte musiek en nimlike karakters sorg vir gehalte vermaak. Die optrede is vol oorspronklike treffers en Klikkerland verras ook met ‘n paar goue oues wat die mammas en pappas net soveel soos die kleinspan sal geniet.

Ons visie en doelstelling is om Afrikaans pret te maak en kinders te help met Afrikaanse woordeskat, uitspraak en om hul te leer van alle interesanthede. Die karakters is goed beplan sodat daar ‘n persoonlikheidstipe vir elke kind is. Selfs die name van die karakters is gekies om te help om kindertongetjies te oefen om moeilike Afrikaanse klanke uit te spreek! Kinders wie se huistaal nie Afrikaans is nie sal ook baat vind by Klikkerland.

KOMPETISIE:

Rekord het ‘n Klikkerland DVD om weg te gee. Om vir die kompetisie in te skryf, vul die inskrywingsvorm in en gebruik die woord ‘KLIKKERLAND’ in die sleutelwoord blokkie.

Sluitingsdatum vir die kompetisie is 22 Junie 2017.

Competition form

  AUTHOR
Rekord Newspaper

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Win a chance to attend Bulls Family Fun Day