Beserings knel Bulls voor oorsese toer

Die Bull se Springbok-senter, JJ Engelbrecht, het Saterdag op Loftus Versfeld teen die Lions weer sy verbysterende vaart vertoon toe hy vir die hele agterlyn van die Lions hakskene gewys het op pad na sy puik drie. Foto: simondp@actionimage

Die Bulls se oorwinning van 35-33 oor die Lions, waarin hulle volpunte op die SupeRugby punteleer verdien het, het ook ’n negatiewe kant gehad wat hulle in die volgende weke duur te staan kan kom.

Ten minste drie spelers in die Bulls-kamp het die afgelope Saterdag teen die Lions beserings opgedoen en die gevolge hiervan kan veral in die skrumskakelposisie ’n krisis in die Bulls-kamp veroorsaak.

Terwyl die Bulls se eerstekeuse-skrumskakel, Rudy Paige, in ’n wedloop teen tyd gewikkel is om betyds van ’n kniebesering te herstel voor hulle oor ’n week op hul vierweeklikse toer na Australasië vertrek, het Paige se plaasvervanger, Springbok Piet van Zyl, Saterdag teen die Lions ook ’n besering opgedoen. Francois Hougaard, nóg ’n Springbok-skrumskakel wat egter al die hele seisoen op vleuel diens doen vir die Bulls, het self Saterdag teen die einde van die wedstryd effens ongemaklik gelyk, maar hy het skynbaar nie ’n ernstige besering opgedoen nie. Die Bulls-kamp sal dus duime vashou dat hul twee gereelde skrumskakels albei gereed sal wees om op Maandag 11 Mei saam met die span na Nieu-Seeland te vertrek.

Die Bulls se kookwater heelagter, Jesse Kriel, het ook baie ongemaklik gelyk toe hy aan die einde van die wedstryd van die veld af kom, nadat hy naby aan die einde van die wedstryd ook beseer is. Daarby is daar baie vrae oor die gesondheid van Jan Serfontein, die Bulls se eerstekeuse-binnesenter. Serfontein het Saterdag vir die eerste keer in meer as ’n maand in ’n wedstryd gespeel, maar na rustyd het hy nie weer teruggekeer veld toe nie. Daar word nou gefluister dat Serfontein se kroniese heupbesering dalk ernstiger is as wat algemeen erken word.

Die Bulls is natuurlik in die gelukkige posisie dat hul tweede loslootjie juis nou, die week voor hul oorsese toer, aangebreek het. Dit gee aan al die krankes ’n ekstra week om te herstel en Bulls-ondersteuners sal hoop dat al die spelers wat met beserings sukkel gereed sal wees om oor ’n week op die vliegtuig te klim saam met die res van die span.

Dié toer sal natuurlik deurslaggewend wees vir die Bulls se veldtog, aangesien hulle slegs een wedstryd ná die toer sal speel voor die uitspeelfase aanbreek. Hulle sal dus met ’n baie spesiale vertoning vorendag moet kom en niks minder as drie oorwinnings uit die vier wedstryde sal genoeg wees om hul huidige posisie onder die top drie spanne op die puntelys te behou nie. Daar sal ook geen “maklike” wedstryd op toer wees nie. Hul eerste teenstander op die toer, die Blues, het twee weke gelede nog met die Brumbies (wat tans derde op die puntelys is) afgereken, ten spyte van hul eie 13de plek op die puntelys. Die Rebels (tans 10de), wat in die laaste toerwedstryd op die Bulls wag, het die afgelope week die appelkar in die kompetisie omgekeer toe hulle die sterk span van die Cheifs (vierde) geklop het.

Die Bulls se ander twee wedstryde op hul toer is juis teen die Chiefs en die Brumbies.

Pierre Spies en sy manne speel egter vanjaar al hoe beter hoe verder die toernooi vorder en hulle het beslis die vermoë om teen 12 Junie onder die top drie spanne op die puntelys te eindig en daarmee ten minste die Suid-Afrikaanse groep in die ligafase te wen.

Lees ook: Bulls klop Lions en skuif terug na tweede plek op puntelys

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
  AUTHOR
Koos Venter
sport journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

pta_moot ptaeast ptanorthgetit Autodealer.co.za
Top
Recommended Story x
Stay safe and follow these tips

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other