Affies verhang die bordjies teen Waterkloof

Afrikaans Hoër Seunsskool (Affies) het Saterdag wraak geneem op hul plaaslike aartsvyand, die Hoërskool Waterkloof (Klofies), in dié twee skole se jaarlikse vriendskaplike derby, wat op eersgenoemde se sportveld beslis is.

Nadat Affies die afgelope paar seisoene telkens gesukkel het teen Waterkloof, het hulle Saterdag die bordjies verhang en laasgenoemde redelik maklik met 28-15 geklop.

Dit was veral Affies se pak voorspelers wat die grondslag gelê het vir die oorwinning. Waterkloof se gevaarlike agterlyn het egter nie teruggestaan vir hul teenstaders nie. Veral die blitsige vleuel, Ruan Venter, het oudergewoonte die verdedigers laat bontstaan as hy kans op die aanval gekry het.

Soos gewoonlik het die wedstryd klipharde rugby opgelewer. Waterkloof het egter beslis hul staatmaker losskakel, Willie Ludick, se teenwoordigheid op die veld gemis. Ludick se vermoë om sy span op die aanval te hou met puik taktiese skopwerk, was duidelik een van die leemtes in Waterkloof se arsenaal.

* Foto’s verskaf deur GB Jordaan

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

  AUTHOR
Koos Venter
sport journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Patient Kuhn gets rewarded