Jong SA atleet wen goud

Werner Visser in Cali, Kolombië, waar hy goud gewen het. Foto: Verskaf.

Werner Visser, die bobaas diskusgooier van Hoërskool Zwartkop het die eerste atleet van Suid-Afrika geword om goud by vanjaar se IAAF World Youth Championships in Cali, Kolombië te verower.

Visser(17), ‘n graad 11 leerling het die goud gekry na hy sy diskus ‘n ongelooflike 64,24m gegooi het.

“Ons is so trots op Werner en sy wonderlike prestasie,” het Hoërskool Zwartkop se bemarkingshoof Petro Richardson gesê.

Visser is nou goed oppad om ‘n olimpiese atleet te word.

Visser het op 11 Februarie by die Noordheuwel Top 15-atletiekbyeenkoms by UJ Stadion, die jarelange Gauteng provinsiale rekord van Franz Kruger verbeter met ‘n afstand van 64,81m. Kruger is bekend vir sy triomf by die Olimpiese Spele van 2000, waar hy ’n bronsmedalje in diskus vir Suid-Afrika gewerf het.

Video: Hoërskool Zwartkop.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
  AUTHOR
Kristian Meijer
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
NEWSFLASH: Elderly women hurt in Centurion crash