Ooievaar besoek Centurion-sanger

Die Greyling-gesin se Jack Russel hou 'n wakende ogie oor baba Divan. Foto: verskaf
Die Greyling-gesin se Jack Russel hou 'n wakende ogie oor baba Divan. Foto: verskaf

Die Greyling-huishouding in Centurion sal nooit weer dieselfde wees nie.

MD Greyling, ‘n omroeper by die plaaslike Pretoria FM en een van die snare van die groep Ses Snare, se eersteling Divan Greyling is verlede Woensdag in die Unitas-hospitaal in Centurion gebore.

Klein Divan Greyling het 3.5 kg by geboorte geweeg en hy en ma Denise is perdfris en gesond.

MD sê hy was by toe sy seun gebore is – en nee, hy het nie soos baie ander pappas omgekap van die bloed nie.

“Dit was ‘n verrykende ervaring en ek sou dit vir niks gemis het nie,” het dié trotse pappa vroeër die week aan Rekord gesê.

Hy het vinnig in die pappa-roetine ingekom.

“Gelukkig is Divan ‘n soet baba, maar ek gee nie om in die nag op te staan as hy begin kla nie. Ek troos myself daaraan dat ek nie die enigste pa is wat dit al moes doen nie. Ek bad hom ook graag. Ek is ook nie bang om doeke om te ruil nie, dit is die minste van ‘n pa se bekommernis en glad nie só erg nie.

” Ek het al vier keer sy klere agterstevoor om aangetrek en Denise lag haaarself dood. Hoe moet ‘n Pa nou weet watter kant kom die knopies?”

Hulle wil graag hulle gesin uitbrei, “maar ons gaan maar wag totdat Divan uit die doeke is,” het MD gelag.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Latest News

COMMENTS

pta_moot ptaeast ptanorthgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Emer-G-Med responds to an accident scene in Von Willich Street. Photo: Emer-G-Med
Biker injured in Centurion crash