Worshondjie vergiftig in Rietvalleirand

Die dreig-brief wat Swanepoel ontvang het. Foto: Chanrese Swanepoel.
Die dreig-brief wat Swanepoel ontvang het. Foto: Chanrese Swanepoel.

“Hoe kan mens ’n hondjie dit aandoen?”

Só vra Rietvalleirand-inwoner Chanrese Swanepoel nadat haar eenjarige worshond, Logan, vergiftig is.

Swanepoel vermoed die skuldige is iemand in haar woonkompleks, Rietvlei in Pieringstraat.

“Ons het verlede jaar ’n brief by ons voordeur gekry, wat gelyk het of dit deur die trustees van ons kompleks gestuur is, ” sê Swanepoel.

“Die brief het gesê dat ons toestemming moet vra om honde aan te hou en dat ons honde verskriklik blaf wanneer ons bedags nie hier is nie.”

Swanepoel sê sy het die kompleks se hooftrustee gebel en hy was nie bewus van so ‘n brief nie. Hy het haar aangeraai om die brief te verontagsaam.

’n Week later het Swanepoel ’n tweede anonieme, dreigende brief ontvang.

Hierdie een het gesê: “Your dogs are still a menace. Please find an alternative place for your dogs to stay before Wednesday, 4 Nov 2015. This is going to be in your best interest in order to avoid legal costs going forward.”

“Ons het toe weer die hooftrustee gebel en weereens het niemand by een van die trustees gekla nie. Ons weet toe nie hoe om die saak te hanteer nie en het dit maar daar gelaat,” sê Swanepoel.

Dit lyk nou of die ontstoke inwoner tot aksie oorgegaan het.

Toe Swanepoel die aand van 17 Januarie 2016 by die huis aankom, was Logan skaars by sy bewussyn.

Swanepoel en haar kêrel ontdek toe ’n oopgesnyde melkhouer met groen vloeistof daarin.

Hulle het Logan na ‘n veearts gehaas wat die hondjie kon red.

“Die veearts het toe bevestig dat die groen vloeistof ’n vriesteenmiddel, oftewel, ‘antifreeze’ is,” sê Swanepoel.

Sy vra nou dat enige iemand met inligting oor die saak na vore kom.

DBV woordvoerder, Korky Levanon, sê vriesteenmiddels word nie gereeld gebruik om diere te vergiftig nie.

“Die gifstof wat die meeste gebruik word is Aldicarb wat ook bekend staan as ‘two-step’,” sê Levanon.

“Ons raai enige iemand wie se diere vergiftig word aan ons en die polisie se gifstof-nodale punt te rapporteer.”

Levanon sê enige gebruik van gifstowwe op diere is teen die dierebeskermingswet, en oortreders kan vervolg word.

Die telefoonnommer van die polisie se gifstof-nodale punt is 012-393-1196.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
  AUTHOR
Kristian Meijer
Journalist

Latest News

COMMENTS

pta_moot ptaeast ptanorthgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Photo: Stock image
Be careful of ATM tsotsis