Vyf dae om lekplek te herstel

Strijdom by die stukkende waterpyp.
Strijdom by die stukkende waterpyp.

’n Enorme waterlek in Valhalla, Centurion, is eers na vyf dae herstel, sê wyksraadslid Ina Strijdom.

Sy sê duisende liter water het verlore gegaan, skaars 100m van ’n sinkgat wat veroorsaak is deur ‘n soortgelyke probleem.

Strijdom sê sy het lekkasie al op 23 Januarie by die Tshwane-metro aangemeld, maar niks het gebeur nie.

“Ek het die probleem gereeld aangemeld, maar het geen terugvoer gekry nie. Eers toe ek dreig om na die media te gaan, is die probleem opgelos,” sê Strijdom.

’n Span van die metro het verlede Woensdagoggend die pyp oopgegrawe en die lekkasie herstel.

Swak vakmanskap en ’n onvoltooide las was die oorsaak van die probleem.

Strijdom sê haar grootste bekommernis is dat ’n sinkgat nou gaan vorm.

“Skaars ’n blok verder af in die pad is daar ’n sinkgat wat deur dieselfde probleem veroorsaak is,” sê sy.

Dié sinkgat sy verskyning meer as twee jaar gelede gemaak en is steeds nie herstel nie.

Rekord het in September 2014 berig oor die sinkgat op die hoek van Hugo-en-Vinstraweg.

Strijdom het toe al kommer uitgespreek dat die metro nie genoeg geld het om die sinkgat te rehabiliteer nie.

Metro-woordvoerder Lindela Mashigo het in September verlede jaar aan Rekord bevestig dat die stad se jaarlikse begroting vir sinkgat-herstelling R4 miljoen is.

Strijdom sê dié begroting is heeltemal te min, want die rehabilitasie van ‘n enkele sinkgat kan tussen R10 miljoen en R30 miljoen kos.

Rekord het die metro om kommentaar gevra, maar nog geen reaksie gekry nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
  AUTHOR
Kristian Meijer
Journalist

Latest News

COMMENTS

pta_moot ptaeast ptanorthgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
A map of the closed and operating dump sites in Pretoria. Infographic: Danielle Ströh.
Few dumping sites remain