“Ek is nie ’n hero nie”

Johanna Scholtz. Foto: Kristian Meijer
Johanna Scholtz. Foto: Kristian Meijer

Alhowel sy drie boewe laas week goed bygedam het, sê ‘n 62-jarige Lyttelton-inwoner dat sy nie soos ’n held voel nie.

“Dit het net reg gevoel vir my om dit te gedoen het,” vertel sy.

Scholtz het verlede week Dinsdag goed afgereken met drie skurke wat by haar huis ingehardloop het en haar beroof het.

Sy het minstens een van hulle ook laat gil van die pyn.

Scholtz sê die drie het voor 10:00 oor die buitemuur van haar erf gespring.

“Ek was besig in die tuin toe ’n man in ’n ouer-model donkerblou BMW voor my erf stilhou en vra vir aanwysings na Welkomstraat. Hy het gesê hy was op soek na iemand met die van Schoeman,” vertel sy.

Sy het hom weggewys, maar voor sy haar oë kon uitvee het drie mans oor haar muur gespring en aangehardloop gekom. Hulle het haar in haar huis ingestamp maar het hulle heeltemal misreken met Scholtz.

’n Stoeigeveg het vinning tussen haar en die drie boewe uitgebreek.

In die geveg het sy een aan sy privaatdele gegryp en met al haar krag gedruk.

“Hy het verskriklik geskree,” sê sy.

Die drie het toe vining deur haar huis gesoek en met duisende rande se juwele, selfone, rekenaars en ’n duur bottle brandewyn ontsnap.

Rekord het verlede week oor Scholtz se storie verslag gelewer. Baie lesers het gesê hul gaan sommer ‘n glasie op Scholtz klink.

Jorieke Everina Kriel het op Facebook geskryf: “Johanna, jy is so sterk soos yster. Niks kry jou onder nie. Mooi so!!”

Karlien Mathee het ook geskryf: “Tannie wel gedaan, en dankie Liewe Jesus dat U haar die krag gegee het om teen haar vyande op te staan! [sic]”

Scholtz sê wel dat die storie baie anders kon geëindig het.

“Volgende week as dit gebeur sal ek dalk ies anders gedoen het of glad nie baklei het nie,” sê sy.

“Maar ek het beslis agtergekom deur terug te baklei het hulle paniekerig geraak want ek dink nie hulle het dit verwag nie.”

Sy sê die ander gevalle van ouer mense wat aangeval en vermoor word raak haar na aan die hart.

“Ek voel so sleg vir die mense wat hul lewens so verloor. Ek dink ons moet net meer vir onsself opstaan en terug baklei.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
  AUTHOR
Kristian Meijer
Journalist

Latest News

COMMENTS

pta_moot ptaeast ptanorthgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top