Ma en dogtertjie word ter ruste gelê

'n Selfie

Soané (25) en Miané Pennels (5) word Vrydag in Centurion ter ruste gelê.

Die ma en dogter was op 5 Januarie betrokke in ’n botsing reg van voor op die N14-noord, naby die Jean Avenue-afrit.

’n Voertuig het skynbaar oor die middelmannetjie gery en teen twee aankomende voertuie gebots.

Miané het op die toneel aan haar beserings beswyk.

Soané is later dieselfde aand in die hospitaal dood na ’n noodoperasie.

Lees ook: Ma en dogter dood na gru-botsing

Miané se ouma, Alida Esterhuizen sê die familie se seer is nog rou.

“Dit is so onregverdig.”

Alida sê haar seun Renier, Miané se pa, is stukkend.

“Hy is baie seer en sukkel nog om dit te verwerk.”

Alida sê hulle het vir Miané ’n pragtige rokkie gekoop waarin sy begrawe gaan word.

“Albei families gaan deur ’n baie moeilike tyd en dit gaan nog ’n rukkie neem voor die realiteit insink.”

'n Soentjie vir my mamma

‘n Soentjie vir my mamma

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Jason Milford

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Man trapped under bus