Bejaarde se liggaam in veld gevind

Die liggaam van ’n man in sy laat 70’s is vrydagmiddag in ’n veld in die Haakdoringboom omgewing gevind.

AfriForum se nasionale veiligheidskoördineerder Marius Müller sê die man se liggaam is deur ’n verbyganger opgemerk.

LEES OOK: Bejaarde met leiband vasgemaak, gemartel

Die man het alleen op ’n kleinhoewe naby Hammanskraal gewoon en is sowat 800 meter vanaf sy huis gevind.

“Sy kuit was oopgekap en hy het skoenmerke regoor sy lyf gehad,” sê Müller.

Müller vermoed die man was na buite gelok vanuit sy huis of hy was reeds buite besig om bokke aan te jaag to die voorval plaasgevind het.

LEES OOK: Lyk in straat gekry

“Hy het vier of vyf groot aggresiewe honde wat baie beskermend oor die huis is.”

“Daar is geen manier dat iemand naby die huis sou kon kom nie.”

Müller vermoed dat twee of drie aanvallers die man moes oorrompel het.

“Hy was ’n groot man.”

Die polisie kon nog nie vir kommentaar bereik word nie.

LEES OOK: Lyk naby bekende winkelsentrum gevind

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Mari Rheeder

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Protesbetoging teen plaasmoorde word beplan in buiteland