Hoërskool Centurion is B-Bond wenners

Lian Botha en Anika Lindeque, die spankapteine.

Hoërskool Centurion het op 23 Februarie die Interhoër B-Bond by Pilditch met 76 punte gewen.

Die puntestand was as volg: Centurion 2 461; Eldoraigne 2 385; Midstream Collage 2 280; Overkruin 2 062; Pretoria Noord 2 037; Akasia 2 016; Sutherland 1 977; Wonderboom 1 641.

Die Woeries het die worpe (seuns en dogters), middelafstande (dogters) asook algehele middelafstande gewen.

Zander Louw het die trofee vir die beste veldatleet gewen.

Die Woeries se dogtersatlete was algeheel eerste en die seuns tweede.

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Hoërskool Zwartkop in krieket