Laerskool Wierdapark se atlete presteer

Van links: Micayla van Rooyen, Divan Vijoen en André Marx.

Drie van Laerskool Wierdapark se atlete wat aan die Gauteng-kampioenskap die afgelope naweek deelgeneem het, het deurgedring na die SA kampioenskap.

Hulle sal die skool in Potchefstroom van 23 tot 25 Maart verteenwoordig.

Die Groen Kampioene is André Marx (70m hekkies), Micayla van Rooyen (spiesgooi) en Divan Viljoen (150m naellope en hekkies).

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Hoërskool Eldoraigne se leerders kan spel