update


OPVOLG: Gretha Wiid praat oor kontroversiële stelling in boek

Na die “media-bom” gebars het oor Gretha Wiid se kontroversiële stelling dat homoseksualiteit ’n ontwikkelingsafwyking is, het Wiid onlangs ’n video opname gedeel waarin sy oor die kwessie gesels.

Wiid het Saterdag op haar Facebookblad geskryf:

Ek het nou die opinie van duisende oningeligte mense die afgelope week gehoor. Hier is my opinie, my hart en dit waarvoor ek staan. Luister gerus as jy die #waarheid en die #korrekte konteks wil verstaan.

Wat die dood wat oor my kinders en gesin uitgespreek is betref? Geen wapen wat teen ons gesmee is sal tot uiting kom nie. Ons dien n soewereine God – Een van waarheid en outoriteit. Die wêreld kan kies om polities korrek te wees, ek en my huis kies om die Here te dien.

Wat die kommentaar van mense op my blad betref? Kommentaar op sosiale media sê meer van die een wat dit gee, as die een waaroor dit gegee word. Nietemin kies ek om diesulke mense te vergewe en sonder bitterheid te staan. My geveg is nie teen vlees en bloed nie!

Ongeag wat gesê word – ons sal gemeet word aan ons vrug.

Dankie aan elkeen van die gay-gemeenskap wat my genader het vir my opinie op ‘n billike en ordentlike manier. Ek eer julle en het baie respek vir julle vrymoedigheid. Wat die ongenaakbare klomp betref wat in sulke swak taalgebruik verval het? Ek is dankbaar dat julle nie verteenwoordigend is van ‘n hele gemeenskap nie.

Share sommer die video as jy voel dat dit iets vir iemand kan beteken

LEES OOK: Bekende se stelling oor homoseksualiteit het mense aan die gons

Kyk video:

Na dié video opname op Facebook verskyn het, het sosiale media gebruikers nog meer te sê gehad.

Baie ondersteuners het hul boodskappe met Wiid gedeel, maar ook teenstaanders het hul stemme laat hoor.

Sien Facebook inskrywings:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Corlia Kruger

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
NUUSFLITS: Vermiste Pta-man se lyk gevind