Laerskool Raslouw hou ‘n boekedag

Die kleine leerders van die Laerskool Raslouw in Centurion het as hul gunsteling boekkarakters aangetrek tydens die skool se Boekedag. Foto: Verskaf.

’n Suksesvolle student en ’n liefde vir lees gaan hand aan hand.

Daarom het Laerskool Raslouw groot gegaan met hierdie prettige jaarlikse projek.

Die skool het onlangs groot pret gehad toe leerders en onderwysers, almal met hul boekkarakterkostuums by die skool opgedaag het.

LEES OOK: Laerskool Swartkop maak reg vir GIZA

Almal het ’n geleentheid gekry om die kollig te steel, want daar was pryse vir die leerders wat die karakters op die oorspronklikste manier kon uitbeeld.

Dawid Lewis in graad 5 was die wenner as Iron Man.

Lara Aucamp het met die tweede prys weggestap as die olifant in die kinderboek, Tikkie.

Tanyce Naudé is die derde prys toegeken as Pippie Langkous.

Lapa-boekuitgewers het ook ’n groot uitstalling met baie interessante boeke in die skool se biblioteek gehou vir belangstellendes wat hou van lees, om boeke teen spotgoedkoop te kry.

LEES OOK: ‘Meerlinge’ word net meer by Laerskool Wierdapark

’n Bekende kinderboekskryfster Christien Neser het met ouers, onderwysers en kinders oor die nut en noodsaaklikheid van lees gesels.

Die laerskool sê hul besef dat lees die kardinale bousteen van ’n leerder se akademiese en emosionele volwasse toekoms is.

Die skool sê hulle het ook ’n groot waardering vir die oumas en oupas wat gereeld boeke vir hul kleinkinders aankoop.

LEES OOK: Laerskool Wierdapark se atlete presteer

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Jason Milford

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Metrorail trains between Pta and Jo’burg grounded

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: