Centurion-VLU hou nog ’n winsgewende gholfdag

Op foto van links na regs: Tina Ainslie (koördineerder van gholfdag), Marleen van der Walt (Dynamic Women for Children) en Barbara Nell (VLU streeksvoorsitter). Foto: Verskaf.

Nog ’n geslaagde gholfdag is onlangs in Centurion gehou om geld vir liefdadigheid in te samel .

Dit is gereël deur die Vroue Landbou Unie se Jakarandastreek (VLU).

Hierdie was die tiende agtereenvolgende jaar dat die VLU geld op hierdie manier insamel.

LEES OOK: Man beplan 500 000km-reis vir liefdadigheid

Woordvoerder Diana Keulder sê vanjaar se verrigtinge het by die dienstebaan in Valhalla plaasgevind.

Nie minder nie as R61 500 is ingesamel.

Keulder sê vanjaar se begunstigde is die Dynamic Women for Children (DWC).

Dynamic Women for Children se visie is om te belê in die ontwikkeling van kinders sodat hulle eendag verantwoordelike volwassenes sal wees.

Die DWC se stigter, Marleen van der Walt, sê die doelwit is die sosiale, emosionele en opvoedkundige opheffing van kinders en gesinne in armoede.

LEES OOK: Vroue geniet glansoggend vir liefdadigheid

Professionele berading word ook voorsien aan minderbevoorregte kinders in informele nedersettings om traumas te verwerk.

“Ons glo vandag se kinders bepaal die toekoms,” sê Van der Walt.

“Deur te belê in die lewens van minderbevooregte kinders, belê ons in die toekoms van die land.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

 

  AUTHOR
Jason Milford

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
WEATHER: Thunderstorms predicted for Pretoria