Laerskool Swartkop – Eerste rugbyspan se droomseisoen.

Laerskool Swartkop - eerste rugbyspan.

Laerskool Swartkop se eerste rugbyspan het ’n droomseisoen gehad.

Hulle het as die B1-Bond se afdelingswenners uitgestaan en die rekordboeke herskryf as die mees suksesvolle span in dié skool se geskiedenis.

Hulle het al sewe van hul wedstryde gewen.

Die span het 329 punte aangeteken en slegs 60 punte afgestaan.

Dis ’n gemiddeld van 47 punte per wedstryd.

Rudi Meyer saam met die eerstespan-ouers het die skool se nuwe gelukbringer “Swarrie” geborg.

Jaco Miller en Jan Desmore was die afrigters en Abel Pretorius die kaptein.

  AUTHOR
Rekord Centurion

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Laerskool Swartkop se langasemkampioen