Xander van der Merwe verwerf groen en goud in driekamp

’n Graad 11 Hoërskool Zwartkop leerder het onlangs die SA-titel in Driekamp, kategorie: Mans 16-17 jaar, verower.

Xander van der Merwe kwalifiseer om in Augustus te Penticton, Kanada aan die International Telecommunication Union Multisport Wêreldkampioenskappe in Driekamp deel te neem.

Hierdie kompetisie bestaan uit drie bene: 800m swem, 14km fietsry en 4km padwedloop.

Hierdie is voorwaar ’n skitterende prestasie vir Van der Merwe om op al drie hierdie terreine uit te blink.

Triathlon Suid-Afrika wys Xander aan as Junior Elite-atleet.

 

  AUTHOR
Rekord Newspaper

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Curro Hazeldean learners are tops in tennis