Zwarrie gholfspelers presteer

Reuben Bakker (graad 12) is vanjaar aangewys as die klubkampioen van “The Els Club”.

Hy is die vorige seisoen opgeneem in die Gauteng-Noord gholfspan en is weereens besig met Gauteng-Noord proewe.

Bakker speel met ’n voorgee van 3.

Ruhan Oosthuizen (graad 11) is ook die vorige seisoen opgeneem in die Gauteng-Noord gholfspan en vorm vanjaar deel van die Top 10-gholfspelers (o.19) van Gauteng-Noord.

Hy is weereens besig met Gauteng-Noord proewe.

Oosthuizen beklee die nommer een posisie in gholf by Hoërskool Zwartkop, met ’n voorgee van 2.

  AUTHOR
Rekord Newspaper

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Zwarrie pianiste presteer