Jacaranda onder skoot oor omroeper

Tumi Morake en Martin Bester, radio-aanbieders van Jacaranda FM se Breakfast Show. Foto: Get It

Jacaranda FM is onder skoot na beweerde rassistiese uitlatings deur ’n omroeper.

Die vakbond Solidariteit het Dinsdag bevestig dat hy aan die radio geskryf het oor die saak.

Die vakbond sê hy het gevra vir die klank- materiaal waarin omroeper Tumi Morake glo die gewraakte uitlatings gemaak het.

LEES OOK: Solidariteit neem aksie teen polisie

Solidariteit sê: “Dit volg nadat Morake na bewering gestel het dat witmense die boelies op die speelgrond is wat fietse by swartmense gesteel het en in plaas om daarvoor gestraf te word nou die fiets deel en saamspeel.”

Sou dit blyk dat die uitsprake wel gemaak is, is dit kommerwekkend dat hierdie deur Jakaranda toegelaat kon word, sê Connie Mulder, hoof van die Solidariteit se navorsingsinstituut.

Jacaranda FM sê hy sal later ’n verklaring oor die saak uitreik.

LEES OOK: Moller ontken enige rassistiese aanmerkings

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Danielle Garrett
Digital Team

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Do you know where your meat comes from?