Vier Zwarrie landloopatlete verteenwoordig Gauteng op SA’s

Wandré Nel (seuns o.14), Simonay Weitsz (dogters o.19), Alexis Ligthelm (dogters o.14) en Caleb Beukes (seuns o.17).

Die landloopatlete van Hoërskool Zwartkop het aan die Gauteng Skole Landloopkampioenskappe deelgeneem en pragtige prestasies behaal.

Wandré Nel, Simonay Weitsz, Alexis Ligthelm en Caleb Beukes is in die Gauteng-landloopspan opgeneem en neem op 30 September 2017 te Kimberley deel aan die SA Skole Kampioenskappe.

Hulle prestasies is as volg: Nel (o.14) het ’n agtste plek behaal, Weitsz (o.19) is sesde, Ligthelm is vierde in haar ouderdomsgroep (o.14) en Beukes kom heelbo uit in sy afdeling.

  AUTHOR
Rekord Newspaper

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Zwarrie drama leerders presteer uitsonderlik