Laerskool Swartkop se langasemkampioen

Rico Coetzer en sy afrigter, mev. Leandra Kendal.

Laerskool Swartkop se langasemkampioen Rico Coetzer is nou amptelik die beste langafstandatleet in die land in sy ouderdomsgroep.

Vroeg in September het hy sy tweede SA-titel verower nadat hy by die SA-landloopkampioenskap op Potchefstroom ’n eerste plek verower het deur sy 2km-wedloop in 7 minute af te lê en daarmee saam ook goud vir die AGN o.10-span.

Sy afrigter mev. Leandra Kendal is baie trots op hom.

Na sy oorwinning in die 1 200m vroeër vanjaar, het hulle baie gewerk aan sy wedloopplan en algehele strategie wat sy tweede SA-titel verseker het.

  AUTHOR
Rekord Newspaper

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Cake Decoration moneyraising competition