VIDEO: Centurion-meisie wil boere help teen droogte

Die skoolhoof van Laerskool Swartkop, Munnik van der Merwe saam met Zané Bothma. Foto: Verskaf.

’n Jong meisie van Centurion wil graag die boere in droogte-geteisterde gebiede help.

Dit nadat sy ’n video, wat die rondtes does op sosiale groepe, gesien het.

Die video is ’n pleidooi om hulp teen die droogte in SA.

Haar ma, Elna Bothma, het aan Rekord gesê die video het haar dogtertjie, Zané (10), baie ongelukkig gemaak.

“Zané het gesê dat sy graag die boere in die droogte-geteisterde gebiede wil help.”

Elna sê dit was nie lank nie, toe het haar flinke dogtertjie skouer aan die wiel gesit om haar medemens te help.

Zané het onderwysers en haar skoolhoof by Laerskool Swartkop vir hulp en ondersteuning gevra.

LEES OOK: Droogte in dekades

“Sy het met onderwysers by haar skool gesels om te hoor of hulle nie ’n fondsinsameling kan hou vir die boere wat in die droogte sukkel nie.”

Elna vertel dat die onderwysers Zané gevra het om aan ’n plan te dink oor hoe die projek kan werk.

“Die idee het toe opgekom om ’n bekende sanger te vra om vrywillig by die skool op te tree as ’n persoonlike bydrae.”

Sy sê die Suid-Afrikaanse sanger Jak de Priester was gaaf genoeg om te help.

“Die jaar is amper op ’n einde en ons het eintlik nie meer baie tyd om alle reëlings te doen nie,” sê sy.

Elna sê hulle beplan om op 10 November die geldinsameling te hou by Laerskool Swartkop.

LEES OOK: NASIONALE NUUS: Droogte dwing wildtuin om diere van kant te maak

’n Minimale toegangsfooi sal gevra word, sodat die opbrengs van die kaartjieverkope na die droogtefonds kan gaan.

Elna sê daar is steeds kostes verbonde met die reëlings, en hoop om borge in te win wat kan help.

“Ons sal innig dankbaar wees vir enige borge wat kan help, sodat die volle opbrengs van die kaartjieverkope na die boere kan gaan.”

Bothma sê die skool daag ook alle ander skole uit om ’n geldinsameling te reël om verligting aan boere te bring.

Verdere navrae kan gerig word aan: [email protected]

 

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Jason Milford

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Centurion taxi crash: 14 injured