16 dae van aktivisme teen geslagsgeweld

L-R Back row: Retha Richter, Marizelle Welman, Adel Jacobs, Stephan van den Berg, Etresia Raubenheimber. L-R Front row: Cynthia Farrell, Carla Lottering, Confidence Choene, Rose-Anne Lyon. Photo: Supplied

Die wêreldwye 16 dae van aktivisme teen geslagsgeoriënteerde geweld teen vroue en meisies veldtog is volstoom aan die gang.

Dit begin jaarliks op 25 November en duur tot 10 Desember wat ook as die Verenigde Nasies se Menseregte Dag bekendstaan.

Die veldtog is in 1991 deur die eerste ‘Women’s Global Leadership Institute’ begin.

Die ‘Centre for Women’s Global Leadership (CWGL)’ by die Rutgers Universiteit bied dit aan met die doel om bewustheid te kweek van die negatiewe impak wat geweld en mishandeling op vroue en kinders het en om mishandeling permanent uit die samelewing te verwyder.

Die sukses van hierdie veldtog rus op die aksies wat op ’n daaglikse grondslag deur beide individue en groepe geneem word om ons samelewing te beveilig teen die siklus van geweld en mishandeling.

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) het ter ere van vroulike onderwysers ’n spesiale veldtog op sosiale media van stapel gestuur om die veldtog te bevorder asook om lede en die publiek bewus te maak van die euwels van geslagsgebaseerde mishandeling van vroue en meisies.

LEES OOK: 16 Days of activism launched in Centurion

Sommige van die oorsake van geweld teen vroue en meisies spruit voort uit die lae status wat vroue in huishoudings en in die samelewing het. Dit vind plaas wanneer mans hulle mag en magsposisies uitbuit met die doel om vroue en kinders te beheer.

Volgens SAOU dui die volgende tekens op mishandeling:

– Vertraagde of onvanpaste emosionele ontwikkeling.

– Tekort aan selfvertroue en lae selfbeeld.

– Sosiale onttrekking of ’n verlies aan belangstelling of entoesiasme.

– Depressie.

– Hoofpyn of maagpyn sonder enige mediese oorsaak.

– Vermyding van sekere situasies, byvoorbeeld om skool te bank.

– Verwaarlosing van skoonheidsroetine.

LEES OOK: 16 Days of Activism: What you need to know

– Mag fisiese beserings toon.

– Kleredrag verander om bewyse van fisiese aanranding te verbloem.

– Vrou of kind se liggaamstaal verander.

– Die persoon is altyd afgetrokke.

– Praat op ’n oppervlakkige wyse van persoonlike verhoudings.

– Persoon se kommunikasiegewoontes verander.

– Die persoon het powwerige of rooi oë.

– Die persoon vertel dikwels leuens.

Die doel van hierdie veldtog is om ’n beleid van geen verdraagsaamheid rakende vroue- en kindergeweld te handhaaf onder Suid-Afrikaners.

Deur hierdie veldtog verbind SAOU dit tot die totale verwerping van gesinsgeweld. Opvoeders is in die posisie om kinders leiding te gee en op te voed om respek en sosiale verdraagsaamheid teenoor vroue en kinders uit te leef.

LEES OOK: “Forgive us for killing, raping and beating you”

Opvoeders en leerders moet leer om nie hierdie tipe geweld te verontagsaam nie, nie sy of haar kop weg te draai nie en om die moed te hê om die verskillende tipes mishandeling aan te meld.

So ’n gesindheid en ingesteldheid is kardinaal tot die sukses van hierdie wêreldwye veldtog.

Vir meer inligting oor SAOU besoek gerus www.saou.co.za of om geweld aan te meld besoek gerus www.reevasteenkampfoundation.org

 

Do you have more information about the story? Please send us an email to [email protected] or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

  AUTHOR
Danielle Garrett
Digital Team

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
LISTEN: Centurion drag racing a deadly game for youngsters