Matrieksyfers toon gebrek aan vertroue in openbare onderwys

Photo: file.

Matrieksyfers toon ’n gebrek aan vertroue in openbare onderwys, volgens Afriforum.

Die afgelope paar jaar word sogenaamde voortdurend-verbeterende matriekslaagsyfers telkens gevier. Vanjaar is geen uitsondering nie. Maar daar is meer agter die kap van die byl, meen Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum.

LEES OOK: KYK VIDEO: Matriekulante kry hul resultate

“Volgens die statistieke van die departement van basiese onderrig het ongeveer 1.2 miljoen leerders hulself in 2006 in graad 1 bevind. AfriForum meen nagenoeg 30 000 van hierdie leerders was in privaatskole,” sê Baily.

“Maar in 2017 het meer as 112 000 matrikulante die Onafhanklike Eksamenraad se matriekeksamen afgelê, met ’n fenomenale slaagsyfer meers as 98%. In teenstelling daarmee, het minder as twee derdes van leerders in dieselfde jaargroep wat in openbare skole gebly het, matriek geslaag.”

“Die skerp groei in leerders in privaatonderriginstellings dui op Suid-Afrikaners se groeiende wantroue in die land se openbare onderrigstelsel,” sê Baily.

“Die groot verskil tussen die onderskeie slaagsyfers onderskraag hierdie neiging.”

LEES OOK: Top young triathlete boasts seven distinctions in matric

In plaas daarvan om die beste praktyke van privaatonderriginstellings te probeer naboots, sê Bailey, is Gauteng se LUR van onderwys, Panyaza Lesufi, se enigste oplossing egter dat alle skole in die land gedwing moet word om een eksamen te skryf.

Sy sê dit dui op die staat se ideologiese gedienstigheid aan ’n kultuur van middelmatigheid wat sukses op alle terreine in die land kniehalter.

“Dit is noodsaaklik dat die departement van basiese onderwys leierskap toon om probleme soos ’n gebrek aan ondoeltreffende kurrikulumopsies, verlammende optrede deur onderwysvakbonde, ontoereikende opleidingsgeleenthede vir onderwysers, en dissiplineprobleme die hoof te bied,” sê Bailey.

“Tot dit geskied, is die jaarlikse viering van ’n sogenaamde verbeterde matriekslaagsyfer misplaas en word ’n onaanvaarbare hoë aantal jongmense in die steek gelaat.”

LEES OOK: Midstream matrieks stap die toekoms kaalvoet tegemoet

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Jason Milford

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
AfriForum lays charges against Malema in Centurion

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: