OPVOLG: Totsiens aan Centurion jong man

Herman Joubert by die McLaren.

’n Gedenkdiens is op Maandagoggend by die Zwartkops Country Club in Centurion gehou ter nagedagtenis van Herman Joubert.

Joubert is verlede Woensdag op die ouderdom van 25 jaar in die Sun Gardens hospice oorlede nà ’n kort stryd teen kanker.

Vriende en family het tydens die gedenkdiens afskeid geneem en ook vaarwelboodskappe op sosiale media gepos.

Joubert se ma, Annette van Ginkel, ’n verpleegsuster van beroep, het vroeër aan Rekord gesê dat die pad wat kankerlyers loop, nie een van die maklikstes is nie.

LEES OOK: NUUSFLITS: Jong man van Centurion verloor stryd teen kanker

Die familie is steeds in rou gedompel en het nie verwag dat hy so gou siek sou word nie.

Maar Annette het gesê sy het Herman belowe sy sal heeltyd by hom wees.

“Ek wou nie hê hy moes pyn hê, bekommerd of bang wees nie.”

Sy het die trane moeilik weggesluk wanneer sy oor haar sterwende seun gepraat het.

Annette het gesê die hospice het alles in hul vermoë gedoen om Herman se laaste dae te vergemaklik.

Sy sê dit is vir haar merkwaardig om te sien hoeveel personeel met die beperkte hulpbronne kan uitrig.

“Ek wil graag ’n beroep doen op die gemeenskap om ’n skenking aan die hospice te maak. Hulle doen uitstekende werk met min tot hul beskikking.”

Rekord het in November verlede jaar berig dat Annette vasbeslote is om Herman se laaste dae op aarde onvergeetlik te maak.

LEES OOK: VIDEO: Centurion-kankerman se droom word waar

Centurion inwoners het op 5 November 2017 deel gehad aan die familie se vreugde toe Herman se droom bewaarheid is toe hy agter die stuurwiel van ’n Ferrari en McLaren sportmotor kon inskuif.

Annette het aan Rekord vertel hoe mense in Centurion haar gehelp het om haar seun se droom waar te maak toe sy op die sosiale gemeenskapsgroep, People Who Live in Centurion gevra het vir hulp.

Kevin Leo, ook bekend as die Singing Chef, het ’n rol daarin gespeel om Herman se droom te verwesenlik.

“Herman het met die Ferrari en die Mclaren op die Swartkops-renbaan gery.”

Hierdie familie se lewens en denke het oornag verander toe hulle in September reeds moes leer dat een van hul eie reeds maande vantevore teen kanker begin stry het.

Annette het ook vroeër gesê sy het een van die moeilikste take op hande en dit is om biddend vir haar kind te bly.

Sy vertel haar seun Herman het sooibrand begin kry, wat doodnormaal is vir enige persoon.

“Toe hy begin kla oor ’n pyn in sy regtersy, het ek onmiddellik sy bloeddruk geneem en gevind dat dit baie hoog was.”

Sy sê sy het haar seun hospitaal toe geneem vir behandeling en kort daarna het hy geel begin word.

“Ons het toe ’n skandering laat doen en gevind sy buik is vol kanker-kolletjies.

“Ons het toe weer ’n onkoloog gaan sien en nog skanderings laat doen wat gewys het sy kolon, buik en lewer is aangetas met kanker.”

Van Ginkel sê daar kon nie bepaal word waar die kanker se oorsprong was nie.

“Hy het onmiddellik op 22 September begin met chemoterapie, maar dit was toe ook sy laaste want hy het besluit hy wil dit nie meer doen nie,” sê sy

“Die dokter het gesê hy het drie maande oor om te leef sonder die behandeling.”

“Ek het in my beroep met baie pasiënte gewerk en hul gehelp deur hul laaste oomblikke,” vertel sy.

“Ek het by my kind gebly en sy hand vasgehou totdat hy nie meer daar was nie. Dit is belangrik dat hy geweet het dat ek op daardie oomblik nêrens anders wou wees nie.

“Dit is nie wat ek as sy ma ooit sou wou hê nie – en ek wens ek kon die siekte wegvat.”

Herman Joubert (25) is verlede week dood weens kanker. Foto: Verskaf

LEES OOK: Pta-oos kankerlyertjie verloor sy stryd

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Jason Milford

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
OPVOLG: Centurion ma staan by haar sterwende seun

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends: