Centurion verloor weer, Tuks steeds onoorwonne

Tuks op die aanval in Saterdag se Superliga wedstryd teen Rustenbuurg Impala. Foto: GB Jordaan

Terwyl Centurion se drome van ‘n plek in die Superliga halfeindstryd waarskynlik finaal neusie verby is ná hul verrassende nederlaag teen Springs, het Tukkies Saterdag ‘n reuse aanslag van Rustenburg Impala afgeweer om hul onoorwonne status te behou.

Tuks, Impala en ABE Midas Naka Bulle het reeds gekwalifiseer vir die halfeindrondte, maar Centurion sal nou ‘n klein wonderwerk nodig hê om Quins-Bobbies (QBR) uit die vierde plek te hou.

* Centurion het Saterdag in die Oos-Rand hul vierde agtereenvolgende nederlaag in die Superliga gely, toe Springs hulle met 31-26 verras het.

Springs het tot dusver goed gekompeteer in die liga. Hulle het veral in die eerste paar wedstryde spanne soos Impala en QBR goed skrikgemaak, maar kon nog nie een van die top vyf klop nie. Saterdag het hulle egter hul deurbraak gemaak en Centurion se krisis-situasie in die liga dramaties vergroot.

Die 13 punte verskil tussen Centurion en QBR op die punteleer beteken dat Centurion sy laaste drie ligawedstryde teen East Rand United (ERU) eerskomende Saterdag, QBR op 23 Junie en Tuks op 14 Julie almal met bonuspunte moet wen en dan moet hoop dat QBR geen ligapunte verdien in hul wedstryde teen Naka Bulle (9 Junie) en Impala (21 Julie) nie.

* Tuks sal waarskynlik heel bo aan die punteleer eindig, maar Nico Luus sal beslis nie tevrede wees met sy span se sukkel-vertoning die afgelope naweek teen Impala nie.

Hoewel Tuks met 28-22 gewen het, kon hulle nie ‘n bonuspunt verdien nie en die wedstryd was tot teen die einde in die weegskaal, nadat die halftydtelling 14-elk was.

Impala het veral beïndruk met die wyse waarop hulle Tuks voorlangs trompop geloop het. Hulle het die studente harde bene laat kou in die lynstane in by die afbreekpunte.

Die manne van Noordwes het die grootste deel van die tweede helfte oorheers, maar Tuks se verdediging moet krediet kry vir die wyse waarop hulle verskeie aanslae van Impala afgeweer het.

Slegs ‘n puik geoefende beweging waar regtervleuel Stephan Coetzee laat in die tweede helfte vanaf ‘n lynstaan aan die losskakel se binnekant ingesny het om die wendrie te druk, het Tuks gered van hul eerste nederlaag.

Heelagter Abrie Reynolds se skopvoet en die nege punte wat hy met strafdoele aangeteken het was ook goud werd vir Tuks, aangesien die twee spanne elk drie keer gaan druk het.

* ABE Naka Bulle het hulself intussen in die tweede plek op die punteleer gevestig met ‘n weghol oorwinning teen ERU op hul tuisveld in die Moot.

Sylvester Booysen en sy manne het baljaar met tien drieë om met 71-28 te wen. Die gewese vleuel van die Bulls, Kefentse Mahlo, wat Saterdag op heelagter vir ABE Naka Bulle uitgedraf het, het sy posisie as top driedrukker in die kompetisie versterk met ‘n driekuns.

* Intussen het Tuks en Naka Bulle ook hul krag in die junior ligas gewys in verlede week se halfeindrondtes van die o.20 en o.21 kompetisies. Dié twee klubs sal mekaar in albei die eindstryde aandurf.

Naka Bulle se o.20’s het Centurion in die een halfeindstryd met 38-0 geklop, terwyl Tuks in die ander halfeindstryd met die moedige span van Tuine se Grizzlies (38-8) afgereken het.

In die o.21 liga het Tuks vir Centurion uitgeskakel, terwyl Naka Bulle die jong manne van Rustenburg Impala maklik met 76-5 geklop het.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Koos Venter
sport journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Subscribe to notifications

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: