Skryf in vir Boekejol se skryfkompetisie en wen groot!

Dia van Staden.

Vanjaar se jaarlikse Boekejol lui die lenteseisoen in vanaf 30 Augustus tot 1 September by die pragtige Leriba Hotel in Centurion. Die gesellige atmosfeer en sentrale ligging, naby die Gautrein-stasie, verleen aan die fees ’n splinternuwe baadjie.

Die veelsydigheid van die Leriba Hotel se funksielokale en hul gerekende ondervinding met die aanbied van ’n verskeidenheid funksies, voorspel ’n lees- en kuierfees wat elke bywoner sal verras.

Tydens die eerste twee Boekejol-dinkskrums wat in Desember 2017 en Februarie 2018 gehou is, het wonderlike idees en voorstelle op die feestafel beland. Hierdie dinkskrums is woema gegee deur ’n aantal bekende persone en ondersteuners vanuit die media, akademiese en besigheidswêreld.

Hul insette dra by tot ’n feesprogram wat boordens toe vol is met musiek, aktualiteit, drama, digkuns en geleentheid vir gesellige samesyn.

Die fees is maar in sy vierde lewensjaar en al reeds welbekend vir ’n program van hoogstaande gehalte aanbiedinge. Die sweempie bibliomanie wat hier bevorder word, is vanweë die teenwoordigheid van Suid-Afrika se beste skrywers, digters en kunstenaars.

LEES OOK: Pretorians can look forward to the annual Boekejol with prominent speakers

Boekejol is modern dog relevant en bly in pas met plaaslike en internasionale gebeure. Tussen die lyne sal jy altyd iets vind wat jou laat lag, laat filosofeer of jou inspireer. Die nuutste boeke en die aktuele gesprekke wat ’n wye spektrum van onderwerpe dek, bevorder aktiewe deelname van die breë publiek.

Tydens die 2018 Boekejol-program word ’n jeugprogram geloods wat daarop gemik is om leerders en onderwysers te bemagtig en kreatiwiteit te ontsluit. Daar sal ook ’n kompetisie vir laerskoolleerders aangebied word om limerieke te skryf asook ’n kompetisie vir hoërskoolleerders om hul slag te wys met die skryf van nuusberigte.

Na afloop van die 2017 Boekejol-fees is daar in die media na Boekejol verwys as “die voel-goed-Dawid tussen die Goliat -feeste”.

Daarnaas het Bettina Wyngaard in haar Facebook-kommentaar opgemerk: “Hierdie fees het ’n ‘feel-good’ atmosfeer wat die groter feeste net verloor het.”

Dit is feesorganiseerder Dia van Staden se oogmerk dat dit steeds die persoonlike kontak tussen lesers en skrywers, asook die deelname van kundiges en jan-allemanne sal wees wat Boekejol so ’n unieke karakter gee.

Vir meer inligting oor die bespreking van kaartjies en ander feesreëlings, besoek Boekejol se Facebookblad, BoekeJol en FilmRolfees. Kontak boekejol by [email protected]. Besoek www.boekejol.co.za vir meer inligting.

Meer linligting oor die Boekejol skryfkompetisies:

Met vanjaar se Boekejolfees, kan jy vir een van drie skryfkompetisies inskryf. As jy dink jy is ‘n bobaas skrywer, dan is hierdie kompetisie vir jou:

  • Digkompetisie vir 8 tot 80 – Afrikaans (3 verse) 

– Tema: ‘Kom ons gesels’

– Prys: Emma Bekker en Jak de Priester, Maroela geskenkpak en kontant pryse

  • Hoërskool leerders: Skryf ‘n nuusberig (200wde)

– Tema: ‘Vandag in die nuus’

– Prys: R1000 vir eerste plek, R500 vir tweede plek, ‘n PtaFM  onderhoud, ‘n sessie saam met nuusspan in ateljee en Maroela Media geskenkpakkie

  • Laerskool leerders: Skryf ‘n limiriek (5 lyne)

– Tema: Die gesig in die spieël

– Prys: R1000 vir eerste plek, R500 vir tweede plek, ‘n PtaFM  onderhoud en Maroela Media geskenkpakkie

Vir meer inligting oor die Boekejol skryfkompetisies, kliek hier.

Yolandé Steyn, Dia van Staden, Gerrie Jamneck en Peet du Preez, eienaar van Leriba Hotel in Centurion.
Foto: Annemé Beukes

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Rekord Newspaper

Latest News

COMMENTS

Top
Subscribe to notifications

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: