Plaaslike toutrekkers presteer

Lede van Gauteng-Noord Toutrek wat vir verteenwoordigende spanne gekies is. Voor kniel Ian du Plessis (Proteas). Agter, van links, staan Oosie Oosthuizen en David Potgieter (albei Proteas), Eben Matthee (SA Gazelle), Wayne Taylor en Lourens Du Plessis (albei Proteas) en Obert Vuma (SA Gazelle). Heel regs is Les Williams President van Gauteng-Noord Toutrek, asook senior raadslid van SASKOK. Foto: Verskaf

Toutrek is bekend as een van die mees uitdagende sportsoorte ten opsigte van tegniek, asook die fiksheidsvereistes vir deelnemers.

Hoewel toutrek vir dekades reeds nie meer as Olimpiese sport gereken word nie, is dit steeds baie gewild onder alle kulture oor die wêreld en in sommige lande is dit eeue lank al deel van kulturele feesdae. Dit word ook steeds op georganiseerde wyse as amptelike sportsoort beoefen en Suid-Afrika is bevoorreg om vanjaar die wêreldkampioenskap aan te bied.

Dié sport is gesond in Pretoria, soos die prestasies van die Gauteng-Noord toutrek span by die onlangse nasionale kampioenskap getuig.

Gauteng-Noord Toutrek kon ná die kampioenskap spog met silwer medaljes in beide die 560kg en 640kg afdelings.

Sewe lede van die Gauteng-Noord span het die nasionale keurders ook beïndruk en dié manne is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die wêreldkampioenskap, wat van 19 tot 22 September in Kaapstad sal plaasvind.

Vyf lede van die Gauteng-Noord span is gekies in die nasionale Protea span, terwyl twee van die jonger spanlede gekies is om as deel van die Suid-Afrikaanse Gazelle ook aan die ope-afdeling by die wêreldkampioenskap deel te neem.

Gauteng-Noord Toutrek is gesetel by Toutrekpark in 14de laan, tussen Nico Smith- en Frederikastrate in Rietfontein. Belangstellendes kan Oosie Oostuizen skakel by 083-675-1366 vir meer besonderhede.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

  AUTHOR
Koos Venter
sport journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Garsies en Menlo kry albei pak in Virseker-Beker toernooi

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: