Laerskool Tuinrand lok weer honderde deelnemers na hul Mini-krieket dag

Selfs die uitbraak van varkgriep in dele van Pretoria kon nie verhoed dat Laerskool Tuinrand se vierde jaarlikse Mini-krieket dag vanjaar groter was as enige van die vorige soortgelyke dae nie.

Veertien laerskole vanoor die hele Pretoria het vanjaar spanne gestuur om deel te wees van hierdie Mini-krieket fees.

Deelnemende skole het van so ver as Rooiwal in die noorde (Laerskool Uniefees) en Rayton in die ooste (Laerskool Rayton) gereis na die sportterrein van die Tuine Sportklub, waar die krieketdag aangebied is. Seuns en meisies het in gemengde spanne saamgespeel.

Agt Mini-krieket velde is weer uitgelê op die Tuine Sportklub se A-rugbyveld. Die spel word met spesiale verkleinde kolwe van sintetiese materiaal en sagte balle gespeel.

Mini krieket is ’n formaat van die spel wat met die hulp van die restaurantgroep Kentucky Fried Chicken (KFC) landwyd aangebied word. Dié formaat is ontwerp om jong kinders, seuns én meisies, op ’n eenvoudige intreevlak aan die spel bloot te stel. Elke span bestaan uit agt spelers en elke speler moet ’n kans kry om aktief aan alle aspekte van die spel deel te neem. Op hierdie manier word daar verhoed dat die spel onder kinders op dié jong ouderdom gedomineer word deur uitblinkers, terwyl almal ’n liefde vir krieket ontwikkel.

Een van KFC se belangrikste doelwitte met hierdie formaat van krieket is om so veel as moontlik kinders betrokke te kry om sodoende ’n aktiewe leefstyl onder almal te bevorder.

Ouers, onderwysers en ander ondersteuners het weer oral langs die mini-krieketvelde saamgedrom om die jong krieketspelers met oorgawe te ondersteun en aan te moedig.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

  AUTHOR
Koos Venter
sport journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Subscribe to notifications

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: