VIDEO: Pta-sanger spog met populêre enkelsnit

Dirk van der Westhuizen het ’n sexy nuwe treffer wat vroeër vanjaar vrygestel is.

Eers is daar suiker gegooi, toe spoel hy dit af en nou gaan Dirk van der Westhuizen sy nuwe vuurwarm enkelsnit getiteld Sexy Vi My se oorweldige sukses geniet.

Die enkelsnit, wat ook die titelsnit van Dirk se jongste album is, is ’n Afrikaanse pop/dansliedjie wat enigiemand sexy gaan laat voel.

“Hierdie is definitief ’n liedjie wat jy op die dansvloer uit volle bors gaan saam sing en jy gaan hotter as botter voel,” vertel die sanger en lag nederig.

Die liedjie is deur die talentvolle Johan Oberholzer geskryf. Johan is bekend vir talle treffers. Die album word ook versprei deur die suksesvolle Coleske Artists.

LEES OOK: VIDEO: Nuwe musiekvideo vir Burgerd Botha

Oor die storie agter die liedjie sê Dirk: “Soveel mense se daaglikse lewens is gevul met prioriteite en verantwoordelikhede dat dae, maande en selfs jare net verby hul gaan sonder enige me time en feel good time. Ek hoop die liedjie gaan dit verander.”

Volgens Dirk het hy die liedjie as sy volgende enkelsnit gekies omdat dit belangrik is om mense spesiaal te laat voel, en hy kry dit hoeka reeds reg.

“Ek sing die liedjie gereeld by my optredes en mense ontvang dit goed. Ek glo enige iemand met ’n lus vir die lewe, wat ’n bietjie open-minded is, sal die liedjie geniet.”

En wat is ’n sexy liedjie sonder ’n sexy musiekvideo?

Die video, wat deur Christiaan Wolf van Brickwolf Productions opgeneem is, speel af by Dirk se huis en het ’n tropiese gevoel.

“Ons het alles verander in ’n tropiese huis- partytjie met palmbome en helderkleurige ligte. Ek en my dansers doen ook ’n Sexy Vi My-dans. Daar is ook tonele waar ek met ’n mooi meisie flirt, vir haar sing, swem en om die swembad kuier. Ek dink dit gaan ’n lekker partytjie-video wees,” sê hy.

En ja, die hemde gaan waai.

“Ek hou mos daarvan om kanse te vat en voluit te leef,” skerts Dirk.

Dirk van der Westhuizen is in Pretoria gebore en sing al vandat hy kan onthou.

LEES OOK: SKOOL: Wierda-seniors beKOOR die massas!!

“As kind het ek elke nawee optredes in my kamer vir die familie gehou. Om te sing en mense te inspireer is deel van my DNA – dis wie ek is en al wat ek nog altyd wou doen,” sê hy.

Dirk is reeds nege jaar in die musiekbedryf doenig en spog met drie suksesvolle albums, ’n rits treffers en meer as ’n twee miljoen YouTube-trefslae.

Hy sonder as hoogtepunte uit elke vertoning, gesig wat ophelder en saam sing, elke pakkie of sakkie suiker wat hom tref en elke ontmoeting met mense wie se harte hy kon aanraak.

“Ek wil ’n verskil maak en vir kinders leer dat jy anders en uniek kan wees”.

Hy put inspirasie uit ander plaaslike musikante en sê dat hy graag ’n lied saam met Karlien van Jaarsveld sal wil opneem.

As hy nie ’n sanger was nie, sou hy ’n persoonlike afrigter wou wees.

“Ek het ’n baie groot liefde vir fiksheid en om mense in die beste weergawe van hulself te verander en te motiveer. Om fiks te wees, is soveel meer as net n mooi lyf – dis ’n gevoel van vryheid en selfvertroue.”

Dirk hou daarvan om liedjies te skryf wat met die hart praat. Volgens Dirk moet hy homself op die verhoog daarmee kan sien voor dat hy dit goedkeur.

“Johan Oberholzer of Vaughan Gardiner skryf meesal regtig mooi liedjies. Ek skryf ook baie van my liedjies self en probeer maar lirieke in werk waarmee mense kan vereenselwig, maar steeds buite die norm is,” vertel hy.

KYK HIER:

En nes sy vorige musiek gaan Sexy Vi My iets wees waarby mense aanklank kan vind.

“My musiek moet iets in mense wakker maak wat vrede, vreugde en ’n gevoel van geluk bring. Ek wil hê mense moet met toe oë en oop arms die musiek kliphard saam sing en vergeet van alles wat pla en net super ‘happy’ voel.”

LEES OOK: Pta-boeredansgroep wals na Volkskunstefees in België

Dirk luister graag na Britney Spears omdat sy ’n groot invloed op hom gehad het as kind en lewe graag met die musiekleuse: “Wanneer woorde opraak sal liedjies verder praat.”

Hy beskryf sy musiek as feel good met ’n goeie boodskap of ’n bietjie humor. Hy sal ook graag eendag aanhangers aan sy stem vir ballades wil voorstel.

Wat weet sy aanhanger nie van hom nie?

“As ek nie by een van my eie vertonings is nie, is ek bitter skaam tussen mense en voel baie vinnig uit,” vertel hy.

En die grootste les?

“Dat enigiets wat maklik kom net tydelik is. Jy moet werk vir dit waarin jy glo en moenie op enige iemand staatmaak behalwe jouself nie. Aanhouer wen,” sê hy.

“Moet nooit in jouself twyfel nie en moet nooit jou lewe en loopbaan met ’n ander persoon se loopbaan vergelyk nie. Elke persoon is uniek, dus het God ’n unieke plan vir ons almal. En ja, daar is beslis ’n plek in die son vir almal.”

Sy dagboek is reeds vol bespreek en hy wil graag mense regoor Suid-Afrika aan sy nuwe album voorstel.

Dié album sal ook op digitale platforms en in musiekwinkels beskikbaar wees.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Rekord Newspaper

Latest News

COMMENTS

Top
Subscribe to notifications

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: