Tweede unieke buitelug-spanskaak toernooi in Centurion aangebied

Skaakspelers in askie by die Laerskool Raslouw se buitelug skaaktoernooi, wat op ’n groot skaakbord op die skool se speelterrein aangebied word.

Die tweede buitelug spanskaak-toernooi is verlede week by Laerskool Raslouw in Centurion aangebied.

Volgens Andries Buys, onderwys-bestuurder van Indicato Onderwys, wat ook die skool bestuur, was dit ‘n groot sukses. Hy sê die idee vir ‘n opelug skaakbord by die skool het aanvanklik as ‘n grap begin. Nadat hulle egter ernstig daaroor geraak het en die skaakbord op ‘n spesiale sementblad op die skool se speelgrond gebou is, het hulle ook besluit om jaarliks ‘n toernooi hierop aan te bied.

‘n Splinternuwe formaat vir skaakkompetisies met baie moontlikhede het daarna ontstaan. Die ontwikkeling van die nuwe formaat het sy loop geneem en Elise Steenkamp van Chess Connection het bygedra tot die eindresultaat. Die formaat kan in vyf S’e opgesom word:

* Skaak: Alle skaakreëls geld.

* Son: Dit vind in die buitelug plaas met ‘n groot skaakblad en groot skaakstukke.

* Span: ‘n Minimum van vyf spelers in ‘n span ding teen mekaar mee. Hoe meer speel, hoe meer word ‘n span benadeel. ‘n Span sal eerder by die minimum spelers hou.

* Spoed: ‘n Vasgestelde tyd word vir elke span toegelaat waarbinne skuiwe gemaak moet word en wedstryde afgehandel moet wees.

* Stilte: ‘n Baie belangrike reël is dat spelers nie met mekaar mag kommunikeer (verbaal of andersinds) nie. Toeskouers mag ook geen kommentaar lewer nie.

Verlede jaar het Laerskool Raslouw en ses ander Pretoria-laerskole aan die eerste opelug skaaktoernooi deelgeneem. Die gaste was Laerskole Wonderboom, Swartkop, Bakenkop, Danie Malan, Centurion Christelike Laerskool, Die Gereformeerde Skool Dirk Postma.

Hierdie jaar het Laerskool Rooihuiskraal as die agste deelnemer by die groep laerskole aangesluit. Agt spanne het in die junior (graad 1-3) kategorie ingeskryf, terwyl tien spanne in die senior (graad 4-7) kategorie vir die stryd aangetree het.

Laerskool Wonderboom het uiteindelik byna skoonskip gemaak deur drie van die vier afdelings te wen. Laerskool Rooihuiskraal het met hul eerste probeerslag ook een afdeling gewen.

‘n Groot geleentheid wat in Mei volgende jaar hierdie spanskaak-konsep ‘n verdere hupstoot gaan gee, is die Arnold Classic Festival van die wêreldbekende akteur Arnold Schwarzenegger wat die eerste keer in Suid-Afrika aangebied gaan word. Big Chess is tans een van die sportkodes wat vir hierdie fees goedgekeur is. Die fees gaan in die Sandton-konferensiesentrum aangebied word.

Klik hier vir meer inligting oor die sport en waar nuus en nuwe kompetisie-datums bekendgemaak gaan word.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na [email protected] om jou nuusflits gratis te ontvang.

  AUTHOR
Koos Venter
sport journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Affies Uitnodigingsbyeenkoms lok top skole

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: